Langebaan Dag 2
Die suur van die toer: Ons is beroof saak Nr 22/03/2013 aangemeld by langebaan Polisiestasie.
Hilgard se IPhone, IPad , Koos se kamera, beursie en Tablet en my Laptop, Baadjie met my Harley Beursie asook my beursie is gesteel.
Wonder net of die profiel van die rowers: Middeljarige Blanke mans is tussen die ouderdom van 40 en 55 wat in gropies van 4-6 rondloop met die oog om moeilikheid te maak ?
Desnieteenstaande ons negatiewe gemoed beleef ons een leuke dag.
Hilgard op sy eie Kaap toe. Ek Koos en Mauritz het gaab bande opsit via Melkbosstrand.
Riaan en die Standerton bende is na die Stasie op Darling.
Die aand eet ons uit by die Beef Baron, maak weer nuwe beste vrienne met die eienaar.
Vroeg in die pad na Matjiesfontein via Darling
en ons hoop gerig om die motor museum van die Ruperts te besoek.
Die reentjie val en ons hoop word verpletter deur reels: Geen motorfietse op die perseel en Koos snou hulle gepaste woorde toe. "Druk julle museum in julle wie weet waar !!!!"
Mauritz reel toe een leuke toer na Kanonkop waar ons wynproe en meer te wete kom van die wynmaakproses.
In die reen op pad na die trein na op Matjesfontein.
Wat 'n lekker aand.
Hilgard neem oor saam met 'n paar manne en kom laat in die bed.
Die rit na gariep sonder Hilgard wat vroegoggend op sy eis na bloem is. Via richmond se Blue lantern
en hanover se bar met die toertjies
. Norvalspont se Pont Hotel was ook leersaam.
By Gariepdam lekker uitgespan gebraai saam met pap en lekerrrrrrrrrrrrrr sous.
Opgestaan en weer gery huis toe. Ek groet saam met Johan se dogter in Bloemfontein
en na wat verneem word Akmal veilig tuis.
Baie baie dankie !!!!!!
Monday, 18 March 2013
Wednesday, 6 March 2013
Langebaan Dag 1
Lekker geslaap na gisteraanaand se skerm sessies !!!
Laat uit die vere en die honne wag vir Mauritz. En los met die leibande na Veldrift vir brandstof waar Riaan gebedel het vir 2 liter in Dwarskersbos.
Paternoster via Vredenburg direk na die
"Panty Bar"
by Paternoster Hotel.
Die Shack op die strand waar Mauritz 'n WESKUZ lobster ge chow het.
Speel speel en speel ............
Enne speel ......
Moeg gery, soek blyplek. Kry dit by Mykonos on see.
Hilgrad, Fritz en ek gaan koop vleis vis en die res. Almal rus vir die middag.
Fritz betower ons met sy Haeders en broodjes.
Moeg gedrink bly ek en Rudolph
by die barakke terwyl die ander honne probeer om groter en lekrder bene in die hande te kry.
Praat weer more as die Here ons spaar.

Tuesday, 5 March 2013
Lamberstbaai, Muisbosskerm
Koos Viviers die eienaar van die hokkehemel.
Ry een een vanaf Hondeklipbaai die verwagte slegte grondpad na Garries. Wat 'n verrassing. Die pad is nie sleg nie en ons kom veilg in Garries aan vir 'n lekker koffie by die hotel.
Riaan wag vir ons by Doringbaai na herstelwerk aan sy motorfiets. Gelukkig is hy dta hy nie seergekty het nie !!!!
Ons stop in Van Rhynsdorp vir bruch, die swakste diens op die weskuz.
Daarnaa sleep ons deur na Doringbaai, of Dorinbaai.
Hier ontmoet ons vir Alberta die mooiste meisie van Doring of Dorinbaai en die jongste een op Srandfontein.
Na die keldertoer,en wynproe steek ons deur na Lanbertsbaai via die "Tolpad" grondpad. Die beste pad eat ons gery het.
Op Lambertsbaai, drankies gekoop en na die honne se leplek oorkant die Muisbosskerm.
Ete by die skerm en in die bed.
Die honne wag vir Mauritz, drink koffie en ons is oppad na Langebaan.
Hondeklipbaai
Vroeg weg by Norotshama, heerlik gekuier saam met ons nuwe
beste vriende van Belgie, die hardloopspan van Vlaaminge.
Hilgard maak ‘n ander man 1 uur die aand wakker om vir ons
die storie te vertel van Polswagen in die Poestyn.
Ons is oppad na Sendelingsdrif waar Hilgard gelukkig nie by
die afgrond af is nie.
Oor die pond deur die grensposte en oppad na Alexanderbaai.
Ongeveer 200 km grondpad.
Alexanderbaai vind ons nie baie interresant nie, na ‘n
koeldrankie is die volgende teiken Port Nolloth.
Daar aangekom bietjie “shopping” gedoen, geeet en weer vort.
Kleinzee,
Hondeklipbaai en in die hondehokke.
Ek Koos en Hilgard slaap in die Hondehemel, terwyl die res
van die wille hone in die kennels slaap.
Sunday, 3 March 2013
Norotsthama - Namibia
Eergister was 'n dag vol dinge. Opgestaan by Prieska en voortgedryf na Kenhardt via Putsonderwater.
'n Paar koeldrankies gedrink op die bar op de aar (eintlik Kenhardt). En weer voort.
Eers keimoes dan Kakamas waar ons die swakste of kakste gesonheidsburger ge-eet het by plaaslike deli.
Vort na Klein Pella via Pofadder die dorp vernoem na Kaptein Pofadder.
Slaap lekker die aand in losies, maar ons het 'n ongeluk ge had......................
Riaan het sy nerwe fyn en deur geval. Groot skade.
Kuier die aand verwoed saam met die mense van Klein Pella, die vrou wat vas. Sy was 2 Maart 2013 al 10 jaar en 10 dae sonder 'n man. Gelukkig het die manne haar nie haar moet gebreek nie en sy vas nog steeds.
'n Toer deur die grootste DADEL plaas wat ek van weet en weer fort.
Ek en Frits maak 'n draai in Aggeneys, terwyl die ander manne voortploeter saam met Riaan na Springbok. Daar aangekom,volgemaak is ons na die Sprinbokkafee.
Wat 'n interesante plek.Die diens is nie wat wonders nie, maar ons het lekker gekuier. Riaan is Kaastad toe om sy moeterfiets te laat regmaak, Derrick karring op sy eie aan na Vioolsdrif en die res gaan kyk hoe lyl dit by die toring op Springbok. Vandaar laat spaander ons na Norotshama via die grenspos op Vioolsdrif.
By die lodge het ons lekker gekuier saam met die Belge, besonder lekker steak ge-eet waar ons vanoggend vroeg uit die vere op pad is na Alexanderbaai. Almal "opgetens" oor die skamele 200 km grondpad.
As die Here ons spaar praat ek weer moreoggend.

Friday, 1 March 2013
Prieska
Lekker dag gewees. Koos en Frits kom 10uur in Bloemfontein aan. Rudolf wag By langenhoven Total. Ek en Hilgard kom terug van Komando (Brandewyn). Vetrek na Kimberley via Boshof.
Kry Johan, Riaan en Derrick by die Halfway House Hotel.
Kry Johan, Riaan en Derrick by die Halfway House Hotel.
Stop by die samevloeiing van die Vaal rn Oranjeriviere vir 'n biertjie.
Ons span uit by 'n gastehuis op 'n plaas naby Prieska.
Subscribe to:
Posts (Atom)