![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi95eoAouT0GRBx-ThrOTD8etrpd0hsNNXTBsH7iYBZImC442ivni59a5tx-VZE5xfU0KM7Gjt5lPltm_KTsY47rJFx63HLjt9NUrxPih1IH9bqKXOsm-81i3lxs03-G0JwUClWq9Dk3ic/s1600/IMG_0132.jpg)
Vroeg weg by Norotshama, heerlik gekuier saam met ons nuwe
beste vriende van Belgie, die hardloopspan van Vlaaminge.
Hilgard maak ‘n ander man 1 uur die aand wakker om vir ons
die storie te vertel van Polswagen in die Poestyn.
Ons is oppad na Sendelingsdrif waar Hilgard gelukkig nie by
die afgrond af is nie.
Oor die pond deur die grensposte en oppad na Alexanderbaai.
Ongeveer 200 km grondpad.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhK3jLAApKtkBsgZka5CCnmBEn1fU_sDZ4x5U-qhTtFX_wzqrdP3LqnPGc_k-yXAWa4fDtx4MC3yA9DoN1JD0jC_-IaRN9IvAPBtAXNLK43YVllnoP-JtXXc1ajuJai8UEluZDcCVAfkME/s1600/IMG_0137.jpg)
Alexanderbaai vind ons nie baie interresant nie, na ‘n
koeldrankie is die volgende teiken Port Nolloth.
Daar aangekom bietjie “shopping” gedoen, geeet en weer vort.
Kleinzee,
Hondeklipbaai en in die hondehokke.
Ek Koos en Hilgard slaap in die Hondehemel, terwyl die res
van die wille hone in die kennels slaap.
No comments:
Post a Comment