Monday, 18 March 2013

Terug by die huis !!!

Langebaan Dag 2



Die suur van die toer: Ons is beroof saak Nr 22/03/2013 aangemeld by langebaan Polisiestasie.

Hilgard se IPhone, IPad , Koos se kamera, beursie en Tablet en my Laptop, Baadjie met my Harley Beursie asook my beursie is gesteel.

Wonder net of  die profiel van die rowers: Middeljarige Blanke mans is tussen die ouderdom van 40 en 55 wat in gropies van 4-6 rondloop met die oog om moeilikheid te maak ?

Desnieteenstaande ons negatiewe gemoed beleef ons een leuke dag.


Hilgard op sy eie Kaap toe. Ek Koos en Mauritz het gaab bande opsit via Melkbosstrand.



Riaan en die Standerton bende is na die Stasie op Darling.

Die aand eet ons uit by die Beef Baron, maak weer nuwe beste vrienne met die eienaar.



Vroeg in die pad na Matjiesfontein via Darling



en ons hoop gerig om die motor museum van die Ruperts te besoek.

Die reentjie val en ons hoop word verpletter deur reels: Geen motorfietse op die perseel en Koos snou hulle gepaste woorde toe. "Druk julle museum in julle wie weet waar !!!!"

Mauritz reel toe een leuke toer na Kanonkop waar ons wynproe en meer te wete kom van die wynmaakproses.







In die reen op pad na die trein na op Matjesfontein.






Wat 'n lekker aand.




Hilgard neem oor saam met 'n paar manne en kom laat in die bed.



Die rit na gariep sonder Hilgard wat vroegoggend op sy eis na bloem is. Via richmond se Blue lantern


  

en hanover se bar met die toertjies


. Norvalspont se Pont Hotel was ook leersaam.


By Gariepdam lekker uitgespan gebraai saam met pap en lekerrrrrrrrrrrrrr  sous.

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

  

Opgestaan en weer gery huis toe. Ek groet saam met Johan se dogter in Bloemfontein



en na wat verneem word Akmal veilig tuis.

Baie baie dankie !!!!!!

No comments:

Post a Comment